Windenergie

'n Windkragaanleg naby Frigento in Italië
Roscoe Wind Farm in West Texas

Windenergie is 'n vorm van kinetiese energie in die wind. Die tekort aan brandstof mag in die toekoms nuwe belangstelling wek vir die kommersiële gebruik van seilskepe, maar die ware belang van windenergie lê in die ontwikkeling van stilstaande masjinerie om dit in elektrisiteit om te sit. Die meganiese apparate om energie van die wind te verkry, word windmeulens genoem, alhoewel die anglisistiese term aerogenerator ook soms gebruik word. Die instrument wat gebruik word om windsnelheid te meet, word 'n anemometer genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search